HANDHAWERJEUG

Tuis

Missie & Visie

Kontak ons

Kampe

Bestuur

Foto Galery

Jeugvleuel van Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans

Tuis

Soos gewoonlik gaan die Handhawerjeug weer die roemryke oorwinning by Majuba naby Volksrust saam met duisende ander feesgangers herdenk. Alle Afrikaner-jongmense (ouer as 8) word hartlik uitgenooi om hierdie besondere geleentheid mee te maak. Ma’s en pa’s, oupa’s en ouma’s, is natuurlik ook welkom!

 

Daar gaan ‘n program gevolg word wat inskakel by die hoofprogram. Dit sluit onder andere in deelname op Vrydagaand (indien die weer dit toelaat) aan die fakkelloop. Daar is ook deur die loop van die naweek historiese vertellings en bergklim, vlaghysingseremonies, Boeresport, Boeredans en Volkspele. ‘n Groot kampvuur word Saterdagaand aangesteek vir die wat nie die Cantus (vir grootmense) kan of wil bywoon nie. Leerlinge wat ook van die prettige singvergadering hou, mag die middag die Cantilles bywoon.

 

Bespreek asseblief vroegtydig aangesien net soveel inskrywings toegelaat word as wat die Handhawers suksesvol kan hanteer. GHA-lede sal voorrang geniet.

 

Kry jou inskrywingsvorm hier, en faks na die GHA-kantoor by 012 335 3321, of stuur per e-pos.

 

Navrae kan gerig word aan:                 neef Riaan Alkema 0829655417                      riaan@handhawerjeug.co.za

                                                                 nig Sonette Claassen 0842564051                  sonette@handhawerjeug.co.za

 

Maak gereed vir die

Majuba Avontuurkamp 2012