HANDHAWERJEUG

Tuis

Missie & Visie

Kontak ons

Kampe

Bestuur

Foto Galery

Jeugvleuel van Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans

Majuba Avontuurkamp

Veldkornet Fanus Roos en sy manne moes reguit na Gordon’s Knoll beweeg. Kommadant Joachim Ferreira en sy manne het parallel van Roos aan sy westekant beweeg. Veldkornette Malan en Trichart met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant beweeg. So is die kruin van drie kante af, noord, oos en wes beset. Van agter die skuiling van die groot terras het die Boere met die ouderdom oor 50 jaar voortdurend met hulle koeëls die Britte op die kruin onder druk geplaas.

Die reserwe Britse soldate is agter ‘n lang randjie wat van wes na oos loop geplaas. Hulle was egter magteloos teen die moordende vuur van die Boere wat van drie kante af gekom het- Roos en sy manne vanuit die noorde, Ferreira en sy manne vanuit die Weste en Malan en sy manne vanuit die ooste.

Die Britte het suidwaarts oor die kruin gevlug. Hulle verliese was groot:: Van die 400 het net 120 ongeskonde oorgebly. Van die 280 ongevalle was 92 dood, 135 gewond en 53 is gevange geneem. Die 120 Skotte het die swaarste gely- slegs 24 kon van die Boere se koeëls ontsnap .

Nadat die Britse garnisoene aan die suiderkant van Majuba verjaag is, het ‘n digte mis en reën toegesak- ‘n faktor wat verhoed het dat die Boere Mount Prospect kon inneem.

 

Ware Afrikaners het Ware
Afrikaanse Harte

Bring saam:

Jouself (natuurlik)                   Grondseiltjie

Bybel                                         Mooi gesindheid

Seilskoene (tekkies)              Musiekinstrument

Klere vir drie dae                    Reënjas

Sakgeld                                     Blikbeker en blikbord

Trui of warm baadjie             Hoed en sonbrandgoed

Eetgerei                                    Flitslig en batterye

Seep en handdoek                Slaapsak

Pen en sakboekie                   Waterbottel

Bedrag: R350.00

Soos elke vorige jaar herdenk ons weer hierdie jaar saam met duisende ander volksgenote die roemryke oorwinning van 1881 by Majuba. Ons kamp aan die voet van die berg in koepeltente. Ons skakel ten volle in by die amptlike program, maar doen ook ons eie ding tussenin.

 

Kampgelde sluit in: busvervoer, tentslaapplek en etes. R350pp, R600 vir 2 lede van dieselfde gesin, R850 vir 3 lede en R1000 vir 4 of meer. Bus vertrek Vrydag 24 Februarie 2012 stiptelik om 9h00 (meld aan vanaf 8h00) vanaf die Willie Marais Afrikanersentrum, Eloffsdal. Daar is veilige parkeerplek vir die naweek.

 

Ons keer Sondag ongeveer 17h00 terug. Op- en aflaaiplekke sal gereël word waar aanvraag dit regverdig. Ouers en alleenlopers is ook welkom. Bespreek dadelik. Ons sal deelname beperk tot die maksimum wat ons sinvol kan hanteer.

 

Sien julle daar!

24 - 26 Februarie 2012

 

Skakels

 

 

                                  VRYWARINGSVORM 2012                                                                   BROSURE 2012   

Rounded Rectangle: Terug na Kampe