HANDHAWERJEUG

Tuis

Missie & Visie

Kontak ons

Kampe

Bestuur

Foto Galery

Jeugvleuel van Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans

Missie & Visie

Grondbeginsel

Die Handhawerjeug berus op 'n Afrikaanse Christelik volkseie grondslag met erkenning van die oppergesag van die Drie enige God en die gehoorsaamheid aan die Bybel, as die  onfeilbare Woord van God, wat vir ons sal dien as enigste norm en rigsnoer.

 

Wese

Die Handhawerjeug is die jeugvleuel van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans en ‘n outonome, a-politiese volkseie kultuurbeweging, vir die Afrikanervolk, in besonder sy jeug en gesinne rondom die jongmens, gerig deur ‘n Bybels-Christelike lewens- en wêreldbeskouing tot ‘n lewenswyse van eer aan God en diens, in die eerste plek aan die Afrikanervolk, dan die Vaderland en naaste as skepsel van God.

 

Doelstelling

Die Handhawerjeug se doelstellings is dat:

· die Afrikaanse Christelike leefwyse met sy waardes en norme in die gemeenskap bevorder en beskerm sal word;

· hy hom sal beywer vir die handhawing en uitbouing van die Afrikaansevolk se taal, kultuur, leefwyse,  tradisies en identiteit;

· hy die trots van volkskap by ander sal uitbou;

· hy hom sal beywer vir die behoud van die Afrikaanse volk, taal ,land en erfenis;

· hy, sover dit in sy vermoë is, die Afrikaansegemeenskap tot diens sal wees;

· die amptelike en enigste taal van die beweging sal Afrikaans wees.

 

Leuse

“Handhaaf en hou, bou en vertrou!”